Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Cindy Hess Kasper

betekenisvol

’n Ou TV program het ’n sentrum vertoon wat skynbaar gereeld deur die kliënte besoek is. Die gedagte was dat dit ’n plek sou wees waar almal welkom was en mekaar se name geken het. Ons wil almal so graag aanvaar word en iewers inpas. Tog is daar diegene wat op die grenslyne van die lewe ’n bestaan voer en…

heeltemal skoon

Veels geluk liewe maatjie ... veels geluk liewe maatjie ... veels geluk liewe maatjie omdat jy verjaar ... verjaar ... Veels gelu ... Nadat ek hierdie verjaarsdagliedjie twee keer deurgesing het, het ek die kraan toegedraai. Dit word glo gesê dat as ’n mens daardie liedjie twee keer deursing terwyl jy jou hande was (omtrent 20 sekondes), kan jy van…

soete Lofprysing

’n Paar jaar gelede het my man ’n groepie hoërskoolstudente op ’n sendinguitreik na ’n landelike gemeenskap geneem, om herstelwerk te doen. Ongelukkig het Tom kort tevore sy voet gebreek en moes hy die werk vanuit ’n rolstoel beheer. Hy was teleurgesteld dat hy nie in staat was om rond te beweeg soos hy beplan het nie. Terwyl hy op…

is Dit Waar?

“Glo, maar maak seker.” My man hou baie van hierdie stelling wat deur Ronald Reagan gemaak is. Toe hy president was, wou hy altyd graag alles glo wat mense hom in sy samesprekings vertel het. Maar aangesien die veiligheid van die land van die waarheid afhanklik was, wou hy sekermaak dat wat aan hom gesê is, wel die volle waarheid…

amnesie Van KaraKter

Dit lyk asof jongmense in Sjina begin vergeet hoe om die pragtige letters van hulle tradisionele taal, te skryf. Daar is sommige mense wat hierdie verskynsel character amnesia, (geheueverlies van karakter) noem. Die gebruik van rekenaars en selfone lei daartoe dat die skryfkuns verwaarloos word en daarom kan sommige jongmense nie meer die letters wat hulle as kinders geleer het,…

Liefde vir mekaar

Dis baie moeilik om Christene aanstoot te gee. Van nature is Christene baie vergewensgesind, begrypend en bedagsaam, ja, die mees bedagsame groep mense waarmee ek nog ooit te doene gehad het. Hulle verwag nooit die slegste nie. Hulle verstaan dat mense verskillende perspektiewe mag hê. Hulle word nie gou kwaad, vergewe maklik en tree nooit hals oor kop op nie,…

Lesse in gehoorsaamheid

Toe klein Kofi die oggend na Sondagskool by die huis kom, het sy mammie hom gevra wat hy die oggend geleer het. Sy vinnige antwoord spreek boekdele: “Gehoorsaamheid ... alweer!” Alhoewel ek baie ouer is as Kofi moet ek beslis saamstem dat gehoorsaamheid ’n les is wat God wil hê ons moet oor en oor weer leer. Ja, soms is…

Daders van Die Wêreld

Kort nadat ons na ’n woonhuis in ’n nuwe omgewing verhuis het, het ons my skoonsuster en haar man vir Sondag middagete oorgenooi. Toe ons Sue en Ted by die voordeur groet, het ’n eienaardige geluid hulle oë in die rigting van die kombuis laat draai. Ek het omgekyk en verstyf van skok. Ons stokou draagbare skottelgoedwasser se uitlaatpyp het…

Regtig dors

Was jy al ooit regtig dors? Jare gelede het ek my suster, Mali in Wes- Afrika gaan besoek. Een middag het ons die besienswaardighede gaan bekyk en die temperatuur was 100 grade Fahrenheit. Ek was naderhand verskriklik dors en het gesê: “Jong, ek moet dringend iets kry om te drink.” Toe Kathy sê dat sy vergeet het om ’n voorraad…

Gelowige gebed

Emma Gray was 95 jaar oud toe sy in Junie 2009 oorlede is. Vir meer as twee dekades was sy ’n huiswerker in ’n groot woning. Elke aand terwyl sy met haar take besig was, het sy gebid vir wysheid en veiligheid van die man in wie se diens sy gestaan het. Alhoewel sy vir 24 jaar op dieselfde plek…